COSATU vra vir ’n verdere verlaging van die brandstofheffing
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 days ago
- 1 min read
Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (COSATU) vra vir ’n verdere verlaging van die brandstofheffing deur die regering, wat reeds met R3 per liter verminder is. Hulle kla dat werkers eenvoudig nie die jongste styging in brandstofpryse sal kan hanteer nie.
EWN berig COSATU sê hoewel hulle pogings om die finansiële druk te verlig verwelkom, sal meer verligting nodig wees. COSATU se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, verwys in besonder na die aanpassing van maatskaplike en noodverligtingstoelaes, die voorsiening van kospakkies aan maatskaplike toelae-ontvangers, die instelling van maatreëls om voedsel teen inflasie te beskerm, en samewerking met Eskom oor maatreëls om die prys van elektrisiteit te verlaag.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Parks voeg by die Reserwebank moet die samelewing verdere pyn spaar deur nie die repokoers te verhoog nie.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Parks sê die private sektor moet ook bydra tot ’n ekonomiese en maatskaplike verligtingspakket deur te verbind tot die beëindiging van afleggings en die verskaffing van betalingsvakansies vir lenings en versekering aan sukkelende verbruikers. Die regering moet, met die ondersteuning van openbare en private finansiële instellings, ’n duidelike stimuluspakket instel om ’n beleërde ekonomie weer aan die gang te kry.








Comments