top of page

CRAVENWEEK RUGBY: Vrystaat gaffel Blou Bulle / SWD stoomroller Leeus

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 10, 2025
  • 1 min read

Die derde dag van die o.18 Cravenweek het weereens puik skole rugby opgedis. Die Suidwestelike Distrike-Arende het hul plek in Saterdag se hoofwedstryd bespreek nadat hulle die Leeus getrap het met 54 – 22. Die Vrystaat het uiteindelik op die wenpad gekom en sewe keer agter die Ligbloues se doelgebied gaan grond koop  vir 'n eindtelling van 52 – 33. Die Westelike Provinsie XV-tal het die Pumas met 45 – 14 ore aangesit terwyl die Limpopo Bulle die Griffons in ’n drieë fees met 49 – 44 geklop het. Donderdag  se bepalings is as volg: 10h00: Boland vs. Valke 11h30: Griekwas vs. Luiperds 13h00: Grens vs. OP 14h30: WP vs. Haaie Alle wedstryde word regstreeks op  SuperSport 211  uitgesaai.

 
 
 

Comments


bottom of page