CRAVENWEEK RUGBY: WP vs. SWD in 2025 o.18 Cravenweek 'eindstryd'

Die vierde dag van die o.18 Cravenweek het weereens uitstaande skole rugby opgedis. Die Valke het Boland in die eerste wedstryd van die dag met 35 – 19 uitgestof terwyl die Griekwas die Luiperds met 46 – 34 gestuit het. Die kragmeting tussen Oostelike Provinsie en Grens was ’n eensydige affêre waar die OP Olifante die Bulhonde oortuigend geklop het met 30 – 12. Die hoogtepunt van die dag was die WP en Sharks derby met die Kapenaars wat oorheers deur die Piesangboere te peper met ’n telling van 45 – 13. Die bepalings vir Saterdag is as volg: A-veld09h00: OP vs. Blou Bulle 10h15: Leeus vs. WP XV 11h30: Sharks vs. Vrystaat *12h45: WP vs. SWD B-veld09h00: Boland vs. Griffons 10h15: Limpopo Bulle vs. Luiperds 11h30: Griekwas vs. Valke 12h45: Grens vs. Pumas *Die WP en SWD sal mekaar in die hoofwedstryd om 12h45 aanvat om te bepaal wie die kampioenspan by vanjaar se toernooi sal wees.







Comments