top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Creecy vra vir samewerking tussen die brandstofbedryf en die regering

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 12
  • 1 min read

Die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die brandstofbedryf versoek om samewerking met die regering te verdiep om ekonomiese groei te bevorder.


Sy sê die bedryf is noodsaaklik vir produksie, handel, logistiek en werkskepping.


Volgens haar is die regering verbind tot ‘n voorspelbare regulatoriese omgewing en die verbetering van vervoer- en logistieke infrastruktuur om toekomstige groei en energiesekerheid te ondersteun.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech
Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech

 
 
 

Comments


bottom of page