top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA bevraagteken Motshekga se verbintenis tot weermag-herlewing

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 26, 2025
1 min read

Die DA het die minister van verdediging, Angie Motshekga, se verbintenis tot die herlewing van die Suid-Afrikaanse Weermag bevraagteken.

Newskoop berig Motshekga het onlangs belowe om die parlement binne drie maande van ‘n duidelike en konkrete herlewingsplan te voorsien.

Die DA vra vir dringende duidelikheid oor die vordering.

Die party glo dat Motshekga losgemaak is van die haglike toestand van die land se weermag.

Netwerk24 berig intussen Motshekga sê die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het nie op gholfdae oorspandeer nie, aangesien dit as fondsinsameling geklassifiseer is.

Die DA se Nicholas Gotsell sê hulle sal aan die Gesamentlike Komitee oor Verdediging skryf vir duidelikheid.

LUISTER:


 
 
 

Comments


bottom of page