top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA doen ‘n beroep op die publiek om Eskom se voorgestelde tariefverhoging teen te staan

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

Die DA het die publiek versoek om Eskom se voorgestelde 36-komma-een-vyf persent elektrisiteitstariefverhoging teen te staan.

Die party doen ’n beroep op die burgers om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se openbare verhore in November by te woon om ’n duidelike boodskap te stuur en hoë elektrisiteitskoste te verwerp. Die DA sê dié voorgestelde verhogings sal ’n ondraaglike finansiële las op reeds sukkelende landsburgers plaas.

Die party beweer Eskom se voortdurende strewe om tariewe te verhoog sonder om betroubare, bekostigbare elektrisiteit te lewer is onvolhoubaar en onaanvaarbaar.

Die DA se Kevin Mileham sê hulle het ‘n petisie geloods om hierdie prysstygings te keer en hulle het die kollektiewe krag van elke Suid-Afrikaner nodig om die hoë elektrisiteitskoste te vermy.

 
 
 

Comments


bottom of page