top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA dring aan op vinnige ondersoek na wangedrag van Setsoto-raadslid

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 24, 2024
1 min read

Die DA in die Vrystaat het gevra dat die ondersoek na die wangedrag van ‘n raadslid by die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit vinnig afgehandel word. Die DA sê die ondersoek het verlede jaar in Oktober begin en is weens ‘n botsing van belange na die LUR van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Teboho Mokoena, verwys. Die dringendheid van hierdie ondersoek word onderstreep deur ‘n onlangse Vrystaatse Hooggeregshof-uitspraak, waar die munisipaliteit onwettig besette grond in Ficksburg suksesvol teruggeëis het. Die DA se Riëtte Dell sê die LUR hersien steeds die bevindings en het nog nie op enige sanksies besluit nie.

 
 
 

Comments


bottom of page