top of page

DA eis afdanking van onderwysers met misdaadrekords in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 29, 2024
  • 1 min read

Die Vrystaat het byna 650 onderwysers op sy betaalstaat wat misdaadrekords het.

Maroela Media berig die DA in die Vrystaat het sy kommer daaroor uitgespreek, waarop die LUR van Onderwys in die provinsie, Mantlhake Julia Maboya, geantwoord het dat daar geen besliste tydlyn is om die afdankings te voltooi nie.

Die DA-woordvoerder, Dulandi Leech, is bekommerd dat onderwysers en kinders kwesbaar gemaak word in die teenwoordigheid van personeel met misdaadrekords, terwyl hul veiligheid die hoogste prioriteit behoort te wees.

Die DA doen ’n beroep om individue met misdaadrekords so gou as moontlik af te dank, sodat klaskamers ’n veilige plek vir onderwysers en leerders kan wees.


 
 
 

Comments


bottom of page