top of page

DA gaan glo strafregtelike klag teen onderwysminister indien

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 1
  • 1 min read

Die DA gaan glo Dinsdag ‘n strafregtelike klag teen die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane, indien.

Dit volg op die naweek se mediakonferensie waar die DA gesê het dat hy sy stryd sal verskerp teen ANC-ministers wat van korrupsie verdink word.

Nkabane het na bewering die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding mislei toe sy verklaar het dat alle lede van die paneel wat die raadsvoorsitters van sektorale en onderwysopleidingsowerhede (SETA) gekeur het, onafhanklik is.

Netwerk24 berig die indien van die klag teen Nkabane kom voor haar departement se begrotingsdebat in die Nasionale Raad van Provinsies.

Die DA het hom voorgeneem om daarteen te stem.

Hy sal dieselfde doen met die begroting van die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, wat later vandeesweek aan die beurt kom.

 
 
 

Comments


bottom of page