top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die nuwe Grondslagfase-katalogus kan geïmplementeer word

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
58 minutes ago
1 min read

Die nuwe Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase is goedgekeur en kan nou met onmiddellike effek geïmplementeer word.


Die Departement van Basiese Onderwys sê in ’n mediaverklaring die besluit is deur die Raad van Onderwysministers onderskryf ná ’n omvattende hersieningsproses. Dié proses het ’n amptelike oudit, ’n onafhanklike ondersoek en verskeie regsmenings ingesluit.


Volgens die departement se verklaring is daar bevind dat geen bedrog of begunstiging plaasgevind het nie, en is daar dus geen rede om die katalogus te kanselleer nie.


Die nuwe katalogus bevat bygewerkte materiaal vir Grondslagfase-leerders, wat nou ook nuwe leerareas soos kodering en robotika insluit.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page