BKS: Nog twee gevalle is in die Vrystaat aangemeld

1 hour ago
1 min read
Die Vrystaat het twee nuwe klinies bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld.
Volgens SABC News is die gevalle in die Bultfontein- en Welkom-staatsveeartsenygebiede aangeteken. Dit bring die provinsie se totale aantal bevestigde gevalle op 798 te staan.
Departement van Landbou-woordvoerder, Moliehi Moeng, sê 634 gevalle is reeds afgehandel, terwyl 164 steeds aktief is en onder kwarantyn bly.
Meer as ’n miljoen beeste in die Vrystaat is reeds ingeënt as deel van die nasionale bek-en-klouseer-beheerstrategie.
Vee-eienaars word versoek om vermoedelike gevalle onmiddellik aan te meld en kwarantyn-, bewegingsbeheer- en biosekuriteitsmaatreëls na te kom.








Comments