DA gee Ramaphosa 48 uur om ministers af te dank
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27, 2025
- 1 min read
Die DA het president Cyril Ramaphosa 48 uur gee om die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane, asook die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, af te dank. Indien dit nie gebeur nie sal die DA, volgens Netwerk24, hul posisie in die regering van nasionale eenheid heroorweeg. Dit volg na Ramaphosa Andrew Whitfield as ajunkminister van handel, nywerheid en mededinging afgedank het. Netwerk24 berig verder Whitfield is glo afgedank omdat hy sonder toestemming saam met die DA na Amerika gereis het – dit terwyl Simelane, Nkabana en Mahlobo glo almal by korrupte aktiwiteite betrokke was.






Comments