top of page

Kry jou kaart-ID nou by sekere banktakke

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Suid-Afrikaners kan van Maandag af by sekere banktakke vir ’n slim-ID-kaart aansoek doen, sonder die tradisionele wagtye en papierwerk wat oor die jare ʼn frustrerende kenmerk van kantore van die departement van binnelandse sake geword het.


Maroela Media berig die departement van binnelandse sake het ’n nuwe digitale vennootskapsmodel met Suid-Afrika se banksektor in werking gestel. Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê in 'n verklaring die nuwe model bied ’n moderne, volledig digitale ervaring waar dit net minute neem vir ’n aansoeker om ’n veilige slim-ID-aansoek in te vul deur middel van gevorderde tegnologie wat met hul plaaslike banktak geïntegreer is.


Die nuwe model verskil van die vorige stelsel waar satellietkantore van binnelandse sake binne banktakke bedryf is en klante steeds vooraf aanlyn moes bespreek en hul aansoek via die eHomeAffairs-platform moes invul.


Volgens die departement kan klante by die 17 takke wat dié week begin werk, hul slim-ID-aansoek binne vyf tot tien minute voltooi – sonder om vooraf ’n afspraak te maak.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page