Die Land Bank is deur kuberkrakers aangeval
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 12 hours ago
- 1 min read
Die Land and Agricultural Development Bank of South Africa is deur 'n losprysware-aanval getref, en die kuberkrakers het vyf bitcoin geëis – dit is ongeveer R5,4 miljoen.
IOL berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê kritieke banksisteme en boeredata is nie gekompromitteer nie.
Godongwana sê toegang is deur 'n swak plek in 'n internet-gerigte netwerk verkry. Land Bank het onmiddellik die geaffekteerde sisteme geïsoleer en sekuriteit versterk.
Die minister bevestig geen losprys is betaal nie.







Comments