top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA-lede word uit Tshwane-raadsvergadering verwyder

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 1, 2024
1 min read

Wanorde en chaos het 31 Oktober gedurende die Tshwane-raadsvergadering ontstaan wanneer DA-lede hardhandig verwyder is van die debat. Volgens Netwerk24 glo die Demokratiese Alliansie (DA) dat hulle moeilike vrae aan die ANC-EFF-ASA-koalisie gestel het, wat met ’n gewelddadige reaksie beantwoord is. DA-koukusleier Cilliers Brink beweer dat die geweld losgebars het nadat die opposisie nie die debat kon wen nie. Volgens Brink het die onderburgemeester, Eugene Modise van die ANC, daarop aangedring dat die DA-lede verwyder moet word eerder as om hul vrae te beantwoord. Brink sê die gedrag is onwettig en voeg by dat hulle ’n klagte gaan indien teen die speaker en diegene wat betrokke was.

 
 
 

Comments


bottom of page