top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA-plan maak nie sin, sê FW de Klerk-stigting

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 29, 2025
1 min read

Die DA se plan om hom aan die nasionale dialoog te onttrek maak nie sin nie. Dit volgens die FW De Klerk-stigting gister in reaksie op die party se aankondiging.

Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die aankondiging op ʼn nuuskonferensie in Kaapstad gedoen kort nadat ʼn ultimatum aan pres. Cyril Ramaphosa verstryk het.

Maroela Media berig die stigting het in ʼn verklaring gesê hy kan nie verstaan waarom die DA besluit het om hom aan die nasionale dialoog te onttrek nie, aangesien dit ʼn gulde en belangrike geleentheid vir die party bied.

Volgens ‘n verklaring van die stigting het die DA die voordeel van die morele hoë grond en die publiek se steun in die hand.

Die land se burgers is deeglik bewus van die president se inkonsekwentheid en die ANC se manipulering van politieke uitkomste om sy verlore steun terug te win.

Die verklaring sê voorts die party moet besef dat dit die ANC ʼn vrypas gaan gee om gesprekke in die nasionale dialoog op gemeenskapsvlak en op nasionale vlak te kaap, veral in die lig van die komende plaaslike verkiesing.

 
 
 

Comments


bottom of page