top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA voel Bloemfontein se potensiaal word deur swak dienslewering gekelder

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 23, 2025
  • 1 min read

DA-raadslid André Snyman sê hulle hou die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit verantwoordelik vir die herstel en instandhouding van infrastruktuur. Hy voeg by dat hulle ook hard werk om hoë belasting en swak dienslewering aan te spreek. Tydens die onlangse Property Indaba is glo beklemtoon dat Mangaung groot beleggingspotensiaal het, maar swak bestuur bly 'n groot uitdaging. Hulle beweer die gebrek aan visie en die onvermoë om langtermynoplossings te prioritiseer, skrik beleggers en ontwikkelaars af. Intussen sê die finansiële hoof van die munisipaliteit, Zuziwe Thekisho, dat hoë tariewe en belasting glo noodsaaklik is om die begroting te balanseer.

 
 
 

Comments


bottom of page