top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DA vra StatsSA om onakkurate Sensus-data reg te stel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 5, 2024
1 min read

Die DA doen ‘n beroep op Statistieke Suid-Afrika om foute in die Sensus 2022-data reg te stel. Hulle stel voor dat Statistieke Suid-Afrika saam met betroubare akademici en ekonome werk. Dit volg op ‘n bevolkingsondertelling van 31-persent en onakkurate inkomste-, indiensneming-, sterfte- en vrugbaarheidsyfers in die 2022-sensus. Volges die DA se Katherine Christie kan kenners sensussyfers vergelyk met betroubare aanwysers, soos skoolinskrywings en kliniekbywoning. Sy sê huidige foute in die sensus-syfers kan daartoe lei dat bykomende hulpbronne na gebiede gaan waar dit nie nodig is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page