Daar is bekommerd oor buitelandse akademici by universiteite
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys en Opleiding sê sommige van Suid-Afrika se openbare universiteite maak te veel staat op buitelandse akademici.
Die komitee het bevind dat sommige instellings steeds ’n onevenredig hoë aantal buitelandse akademici op senior vlakke in diens neem.
Dít, ondanks beduidende regeringsbelegging in die ontwikkeling van plaaslike akademiese talent oor die afgelope dekades.
Die komitee sê die aantal buitelandse nasionale professore oorskry die gekombineerde aantal Afrika-, kleurling en Indiese professore.
Dit glo dat die land meer moet doen om geleenthede te skep wat Suid-Afrikaanse akademici in staat stel om die professorvlak te bereik.








Comments