top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar is geen kwaai gevoelens volgens die All Blacks nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 3, 2024
1 min read

Die All Blacks sê daar is geen kwaai gevoelens oor die span se haka wat oor die naweek by Ellis Park oordonder is met musiek en ‘n vliegtuig wat laag oor die stadion gevlieg het nie. Die uitvoerende hoof van Saru, Rian Oberholzer, het gister bevestig dat hy beide in persoon en in ‘n brief verskoning gevra het en dat dit ‘n menslike fout was waar die tydsberekening nie reg uitgewerk het nie. Die All Blacks hulpafrigter, Jason Ryan, sê hulle het die verskoning aanvaar en soms raak dinge chaoties. Ryan het verder gesê dat die Suid-Afrikaanse spelers stilgestaan het en die haka respekteer het, soos hulle altyd doen.

 
 
 

Comments


bottom of page