Daar is geen rede vir paniek oor MIV-befondsing nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 hours ago
- 1 min read
Suid-Afrika het reeds 'n oorgangsplan in plek indien die Amerikaanse regering besluit om MIV/Vigs-befondsing deur Pepfar te onttrek.
Volgens die Departement van Gesondheid is voorbereidings reeds aan die gang sedert verlede jaar se befondsingsvriespunt.
Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Pepfar ondersteun MIV-programme in 27 hoëlasdistrikte, maar dat die regering sowat 90% van die land se voorraad antiretrovirale medikasie befonds.
Hy beklemtoon dat daar geen rede vir openbare paniek is nie en dat planne reeds bestaan om moontlike veranderinge in befondsing te bestuur.








Comments