top of page

Daar is geen spoor van die rondlopor leeu by Bethlehem nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 14
  • 1 min read

Daar is geen spoor van die leeu wat sedert vroeg verlede week in die Bethlehem-omgewing los rond geloop het nie.


Volgens die Vrystaatse Dihlabeng-munisipaliteit se woordvoerder het sy eienaars hom waarskynlik opgespoor en stil-stil teruggeneem.


Netwerk24 berig verder dat daar nog nie weer vee gevang of geëet is nie, ook is spore nog nie weer opgemerk nie.


Terwyl daar ondersoek word wie se leeu dit was het die Lionsrock toevlugsoord, van die dierewelsynsgroep Four Paws, bevestig dat dit nie van hulle leeus was nie.


Volgens Cheethau Lodge se mede-eienaar, Marie van Zyl, is dit ook nie een van hulle sin.


Daar is wel nog ander leeuboere in die omgewing.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page