Daar is goeie nuus vir Bloemfonteinse skrywers
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 19
- 1 min read
Die Bloemfontein-skrywersvereniging gaan hul werksaamhede voortsit. Bloemnuus berig die vereniging is ʼn trotse organisasie wat al langer as 50 jaar bestaan, maar sedert 2019 is daar nie ‘n vergadering gehou nie. ʼn Klomp skrywers en aspirant-skrywers in Bloemfontein het besluit dit is nou tyd om die organisasie te laat herleef. Die werksaamhede van die organisasie gaan tweeledig wees: Om ʼn tuiste vir gevestigde, gepubliseerde skrywers te bied en ook om ondersteuning aan aspirant-skrywers te bied en leiding te gee. Bekende skrywers soos Fanie Viljoen en Jaco Jacobs was al deur die jare lid van BSV en sê hulle het baie baat gevind by die organisasie toe hul loopbaan in die beginstadium was.





Comments