top of page

Daar is groeiende kommer oor geweld in skole

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 25, 2025
  • 1 min read

Daar is toenemende kommer oor leerders wat geweld gebruik om hul probleme op te los. Volgens SABC News sal ‘n 17-jarige leerder van die Oos-Kaap in die hof op aanklag van poging tot moord en roof verskyn. Hy het glo ‘n mede-leerder beroof, gesteek en in puttoilet gegooi. In 'n ander voorval is 'n leerder van van Durban, met 'n mes in sy nek gevind. Die direkteur van die Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê hulle hanteer nou meer gereeld gevalle van laerskool en hoërskool kinders wat vuurwapens en ander wapens soos messe, bottels en skerpmakers skool toe vat. Intussen berig Newskoop skoolhoofde het ook kommer uitgespreek oor die hoë aantal ouers wat skole dreig. Volgens die skoolhoofde is daar ‘n groeiende neiging van ouers wat dreig om politieke partye te gebruik om geskille met skole te besleg.

 
 
 

Comments


bottom of page