Daar is kommer oor die poskantoor se moontlike ineenstorting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Daar is kommer oor die dreigende ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Poskantoor.
Cosatu sê hulle wil ‘n dringende vergadering met die regering oor die krisis hou.
Die kommer volg op berigte dat die Nasionale Tesourie nog nie die R3.8-miljard aan die poskantoor betaal het wat die regering onderneem het om te betaal nie.
Intussen het die poskantoor glo ook nog nie ooreengekome betalings van die Werkloosheidsversekeringsfonds se Tydelike Werknemerverligtingskema ontvang nie.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die gebrek aan hierdie betalings is kommerwekkend.







Comments