top of page

Daar is kommer oor die tekort aan tegniese kundigheid

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Kommer neem toe oor ’n tekort aan tegniese vaardighede by Suid-Afrika se waterrade. Dit te midde van volgehoue watertekorte.


Ingenieurs verteenwoordig slegs 21% van nie-uitvoerende direkteure op die land se sewe grootste waterraadstrukture, met navorsing wat toon dat net 16 van 78 raadslede oor ingenieurskwalifikasies beskik.


Kritici waarsku dat onvoldoende tegniese kundigheid op raadvlak infrastruktuurbeplanning en instandhouding kan benadeel.


Die Departement van Water en Sanitasie sê rade word vir strategiese toesig aangestel, terwyl tegniese kundigheid hoofsaaklik by die bestuur van waterinstellings lê.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page