top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar is kommer oor duisende ongedokumenteerde leerders

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Die portefeuljekomitee oor basiese onderwys het kommer uitgespreek oor die groot aantal ongedokumenteerde leerders in Suid-Afrika.


Dit volg ná ’n verslag oor die Geïntegreerde Skooldata-insamelingsplatform wat deur die Onderwys-arbeidsverhoudingeraad saamgestel is.


Volgens die verslag is meer as 610-duisend leerders ongedokumenteerd.


Die bevindinge wys ook op groot uitdagings met skoolinfrastruktuur en personeeltekorte regoor die land.


Baie skole het glo steeds nie toegang tot basiese dienste soos water en elektrisiteit nie, terwyl ander nie oor wetenskap- of rekenaarlaboratoriums beskik nie.


Die komitee sê die situasie dui op sistemiese probleme wat samewerking tussen verskeie departemente vereis, insluitend Basiese Onderwys, Binnelandse Sake en Maatskaplike Ontwikkeling.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page