Daar is meer kommentaartyd vir die geldwassery-wet
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 20
- 1 min read
Die Nasionale Tesourie het die sperdatum vir openbare kommentaar op die konsep-wysigingswetsontwerp oor geldwassery en die finansiering van terrorisme verleng tot 2 Maart.
Volgens die Tesourie is die voorgestelde wysigings daarop gemik om oorblywende tekortkominge aan te spreek wat deur die Finansiële Aksietaakmag uitgewys is.
Suid-Afrika is in Oktober verlede jaar van die sogenaamde gryslys verwyder nadat belangrike hervormings ingestel is om finansiële misdaad te bekamp.
Die Tesourie sê die jongste wetsontwerp vorm deel van voortgesette pogings om die land se finansiële toesig en nakoming verder te versterk.
Die konsepwetgewing is op die Tesourie se webtuiste beskikbaar en skriftelike voorleggings word voor die nuwe sperdatum ingewag.







Comments