Daar is moontlik twee krokodille in die Vaalrivier
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Daar word nou vermoed dat daar moontlik twee krokodille in die Vaalrivier naby Old Willow is.
Volgens The Citizen het inwoners sowat twee weke gelede ’n Wes-Afrika-smalbekkrokodil in die gebied gewaar.
Krokodilvanger Charles van der Merwe vermoed egter ’n tweede krokodil, moontlik ’n Nylkrokodil, is ook in die rivier.
Van der Merwe en sy kollega Robert Slaughter het per boot na die reptiele gesoek en sal die soektog voortsit. Hulle sal die gebied dag en nag patrolleer, terwyl vanghokke en kameras ook gebruik word.
Van der Merwe sê die smalbekkrokodil sal na Emerald Resort & Casino se Animal World verskuif word wanneer dit gevang word.
Mense word intussen gewaarsku om nie in die gebied te swem of self na die krokodille te gaan soek nie. Hengelaars kan egter steeds op veilige plekke hul lyne natmaak.







Comments