Daar is ‘n nuwe, ‘sagter’ wapen vir vroeë borskankeropsporing
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 21
- 1 min read
Met die kollig op Borskankermaand, is daar in die Oos-Vrystaatse dorp Bethlehem ʼn handtoestel wat primêre gesondheidswerkers in staat stel om knoppe in die bors vroegtydig op te spoor.
Maroela Media berig die toets duur skaars tien minute, veroorsaak geen pyn nie, gebruik nie bestraling nie, en die verslag is onmiddellik beskikbaar.
Sover is Bethlehem Clicks in die Sechaba Mall een van net drie Clicks-winkels in die land waar vroue teen ʼn bekostigbare tarief nou hul borste kan laat ondersoek.
Suster Heidie van Niekerk van die Clicks-kliniek in die Sechaba Mall sê borskanker is nie ‘n doodsvonis nie maar dat vroeë opsporing noodsaaklik is.






Comments