Daar is ‘n Rubella-uitbraak in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 19, 2024
- 1 min read
Dit is bevestig dat daar ‘n Rubella-uitbraak in Suid-Arika is. Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) word kinders onder 10 jaar en swanger vroue hoofsaaklik geaffekteer. SABC News berig simptome van die virusinfeksie sluit in koors, uitslag, loopneus, rooi oë en hoes. Die NICD het beduidende risiko's vir swanger vroue uitgelig, veral dié in die eerste trimester, aangesien blootstelling aan Rubella kan lei tot Kongenitale Rubella Sindroom. Hierdie toestand kan ernstige abnormaliteite by ongebore babas veroorsaak, insluitend hartdefekte, blindheid en doofheid. Om hierdie uitbreking te stuit, het die Departement van Gesondheid die Rubella-entstof vir kinders van ses en nege maande ingestel.







Comments