top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar is ‘n tekort aan matriekvraestelmerkers

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8
1 min read

Daar is ’n tekort aan merkers vir Afrikaans Huistaal, Engels Huistaal en Geskiedenis vir vanjaar se matriekeksamen. Dit is volgens die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi).


The Citizen berig Umalusi sê hy is egter tevrede dat daar oor die algemeen genoeg nasienkapasiteit is.


Die Departement van Basiese Onderwys beplan om vroeg met die nasienwerk te begin en dit in fases te doen om die tekort te bestuur. Dieselfde probleem is in 2024 aangemeld.


Umalusi sê die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding sal eers later vandeesmaand sy aanstellingsproses vir merkers finaliseer.


Umalusi sal teen 19 Oktober oor die departement se nasienkapasiteit kan verslag doen.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page