top of page

Daar is ‘n toename in maselsgevalle

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 7
  • 1 min read

Die eerste 39 weke van 2025 toon ‘n toename in maselsgevalle.


Luidens ‘n verslag van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes (NICD) is daar die afgelope week 75 nuwe gevalle aangemeld.


Terwyl Gauteng die meeste gevalle aangemeld het met 19, was daar slegs twee nuwe gevalle in die Vrystaat.


Om die oordrag van infeksie na nuwe gebiede te voorkom, beveel die NICD aan dat maselsmonitering versterk moet word en aanvullende immuniseringsaktiwiteite uitgebrei moet word.


Dit veral na gebiede wat voorheen nie by die maselsinentingsveldtog ingesluit was nie.  


Die NICD stel ook voor dat maselsbewustheid in gebiede met gelokaliseerde uitbrake verskerp moet word, en dat ouers aangemoedig moet word om hulle kinders teen maselinfeksies te beskerm deur hulle in te ent.


Ter illustrasie: FOTO: NICD
Ter illustrasie: FOTO: NICD


Comments


bottom of page