Daar is ‘n toename in verkeersboete-slenters
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Dec 17, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 18, 2025
Motoriste word oor 'n toename in bedrieglike verkeersboete-teksboodskappe gewaarsku.
Volgens NovaNews is die slenters ontwerp om geld deur middel van vals betaalplatforms te steel.
Suid-Afrika se voorste slim verkeersboeteplatform, Fines SA, sê die boodskappe bevat skakels wat gebruikers na fop-webwerwe lei wat wettige munisipale verkeersboeteplatforms naboots.
Fines SA konsolideer geverifieerde boetedata van meer as 250 munisipaliteite, wat meer as 90% van verkeersboete-uitreikende owerhede regoor Suid-Afrika verteenwoordig.
Rosestad 100.6 FM se algemene bestuurder, Bernie Naude, het ook onlangs so ‘n boodskap ontvang.
Hy moedig Bloemfonteiners aan om eers boetes op geverifeerde platforms na te gaan voordat enige betalings gemaak word.







Comments