Daar is nie ’n ekstra R500 vir bejaardes met chroniese siektes nie

’n Vals boodskap oor ’n ekstra R500 per maand vir bejaardes met chroniese siektes doen die ronde.
Volgens The Citizen beweer die boodskap dat mense ouer as 70 wat chroniese medikasie gebruik, vir die ekstra geld kan aansoek doen deur ’n vorm by ’n Sassa-kantoor te kry en dit deur ’n dokter of gesondheidsfasiliteit te laat invul.
Sassa sê begunstigdes moet slegs op amptelike kommunikasiekanale staatmaak en versigtig wees vir mense wat persoonlike of bankbesonderhede, of geld, vra in ruil vir hulp met toelaes.
Intussen herinner Sassa begunstigdes wie se toelaes vir hersiening gemerk is, om op die agentskap se versoek te reageer en die nodige dokumente te verskaf.
Begunstigdes behoort ’n SMS te ontvang wat hulle oor die hersieningsproses inlig.
Sassa sê sommige mense kan egter nie dié boodskap ontvang as hul kontak- of persoonlike besonderhede verouderd is nie.







Comments