Daar is nie ‘n lasbrief vir Masemola se inhegtenisneming uitgereik nie
- Armando Pieters

- Aug 13
- 1 min read
Die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika se Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (IDAC) het weereens gesê berigte wat beweer dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming vir Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, en ander uitgereik is, is onwaar. SABC News berig die direktoraat se woordvoerder, Henry Mamothame, sê hulle ontvang steeds media-navrae oor die saak, wat volgens hulle gebaseer is op ongegronde bewerings. Hulle neem ook kennis dat talle valse artikel hierdie bewerings gepubliseer het. IDAC hou vol wat hulle herhaaldelik aan die media bevestig het, dat geen sulke lasbriewe vir die inhegtenisneming van Masemola en ander uitgereik is nie.





Comments