top of page

Daar is nog nie ‘n oplossing vir die VSA-tariefverhoging nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 9, 2025
  • 1 min read

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika bly onseker oor die oplossing vir die VSA se 30%-verhoging. Volgens Lamola gaan Suid-Afrika voort om met die VSA oor die handels- en tariefkwessie te skakel, en die huidige klimaat bly onvoorspelbaar. Hy voeg by mense moet onthou dat die tariefkwessie nie uniek aan Suid-Afrika is nie, en dat dit ‘n wêreldwye verskynsel is. Hy sê ook die regering hoop om ‘n voordelige ooreenkoms met die VSA te bereik.

 
 
 

Comments


bottom of page