top of page

Daar is nóg bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 20
  • 1 min read

Nóg sewe gevalle van bek-en-klouseer is op plase in die Vrystaat bevestig.


Volgens Landbouweekblad sluit dit ses nuwe gevalle in die Viljoenskroon-distrik en een by Sasolburg in, wat beteken dat daar nou in totaal 49 gevalle in die Vrystaat is. 


Die uitvoerende hoof van die Rooivleisbedryfsdienste -  RMIS, Dewald Olivier, sê daar is ook ‘n moontlike geval by Leeudoringstad op hul stelsel aangemeld.


Hy voeg by terwyl nuwe gevalle bevestig word, raak staatslaboratoriums toenemend agter met die bloedtoetste om vermeende gevalle te bevestig.


Intussen het die minister van landbou, John Steenhuisen, RMIS se hulp gevra om alternatiewe laboratoriums te identifiseer wat kan help om die agterstand uit te wis.


Dewald Olivier. FOTO: Landbouweekblad
Dewald Olivier. FOTO: Landbouweekblad


Comments


bottom of page