top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar is planne vir Kaapstad se 'onvoltooide brug'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 6
  • 1 min read

Kaapstad se bekende sogenaamde onvoltooide brug kan binnekort ’n ten volle funksionele snelweg word.


Die brug is in die vroeë 1970's gebou as deel van ’n plan om verkeersvloei na die middestad te verbeter, maar bouwerk is in 1977 weens ’n gebrek aan fondse gestaak.


IOL berig die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê meer besonderhede sal in September bekend gemaak word.


Die burgemeester sê daar is nog 'n lang pad wat voorlê, aangesien dit 'n duur onderneming is. Hy voeg by dat die brug weens sy ligging voltooi móét word.


Die onvoltooide brug in Kaapstad. FOTO: EWN
Die onvoltooide brug in Kaapstad. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page