Daar is slegte nuus vir mense wat hul voertuiglisensie wil hernu
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 31
- 1 min read
Motoriste word by sommige lisensiesentrums weggewys omdat daar nie meer genoeg spesiale papier is om voertuiglisensies en registrasiedokumente te druk nie.
TopAuto berig die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê die tekort is die gevolg van swak beplanning en nie 'n onverwagse probleem nie.
Volgens Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, dra motoriste die gevolge van 'n lisensiestelsel wat nie eens sy basiese funksies behoorlik kan verrig nie.
Hy voeg by mense neem verlof, wag ure lank by lisensiesentrums en word dan weggewys.
Duvenage meen die lisensiestelsel moes lankal gedigitaliseer gewees het.








Comments