Daar is slegte nuus vir sjokoladeliefhebbers
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 21, 2025
- 1 min read
Suid-Afrikaanse sjokoladeliefhebbers sal dieper moet delf namate die prys van kakao aanhou styg. Die prys van kakao het al met byna 70% gestyg. Business Tech meld dat uiterste weerstoestande, aanhoudende droogte en wisselende temperature die kakao-opbrengste aansienlik beïnvloed het. Die Outlier se prysnavolger wys dat 'n standaard melksjokoladestafie in 2017 sowat R14.15 sent gekos het en in Desember verlede jaar tot R23.92 sent gestyg het.







Comments