top of page

Daar is steeds ʼn agterstand in die druk van lisensiekaarte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16
  • 1 min read

Daar is steeds ʼn geweldige agterstand in die druk van lisensiekaarte nadat die land se enigste drukker vroeër vanjaar vir 90 dae buite werking was. Volgens die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se begrotingsrede in Julie, sou die ooreenkoms die Staatsdrukkery in staat gestel het om bestuurderslisensiekaarte te druk as rugsteunplan. Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n brief aan die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, gerig oor ’n memorandum van verstandhouding tussen die Departement van Vervoer en die Staatsdrukkery. AfriForum wil nou by minister Schreiber weet of dié ooreenkoms wel aangegaan is en wat die inhoud van die ooreenkoms is. ʼn Veldtogbeampte by AfriForum, Louis Boshoff, se hulle wil weet waarom daar soveel geheimsinnigheid oor die ooreenkoms bestaan.

 
 
 

Comments


bottom of page