top of page

Daar is tans geen aktiewe TV-lisensie-inspekteurs nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 9
  • 1 min read

Indien enigiemand aan jou deur klop en beweer hulle is ‘n TV-lisensie-inspekteur – bel die polisie.


So sê die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aan My Broadband aangesien hulle geen aktiewe inspekteurs het nie.


Die vermeende misdadigers doen hulle glo as inspekteurs voor om toegang tot mense se huise te verkry en hulle te beroof.


Intussen word daar verder berig dat dit blyk of TV-lisensies hul laaste dae in die gesig staar.


Dit met ‘n nuwe befondsingsmodel vir die openbare uitsaaier wat volgende maand gefinaliseer sal word.


Terwyl dit aanvanklik op 15 Desember 2025 gefinaliseer sou word, het die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologiee 'n verlenging toegestaan ​​aangesien hulle ontwrigtings oor die feestyd verwag het.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page