top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar is tans geen regulasies oor balkon-sonkragstelsels

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 7
  • 1 min read

Balkon-sonkragstelsels, wat gebruikers toelaat om elektrisiteit op te wek sonder professionele installasie, val moontlik in 'n regulatoriese grys area in Suid-Afrika.


MyBroadband berig die energiekenner Chris Yelland sê daar is tans geen elektriese installasieregulasies wat spesifiek dié stelsels in Suid-Afrika dek nie.


Die stelsels raak al hoe gewilder in dele van Europa omdat dit huishoudings help om energiekoste te verminder.


Volgens Yelland is dié stelsels egter oor die algemeen minder geskik vir Suid-Afrika weens die land se geografiese ligging.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page