Daar is vertroue in SA se lugvaartleierskap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 29
- 1 min read
Suid-Afrika is tydens die algemene vergadering in Montréal, Kanada herverkies tot die beheerraad van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie.
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê dit versterk Suid-Afrika se rol in die vorming van wêreldlugvaartbeleid en verseker dat Afrika se prioriteite gehoor word.
Sy voeg by die herverkiesing weerspieël vertroue in Suid-Afrika se lugvaartleierskap en die land toewyding tot veiligheid, volhoubaarheid en ekonomiese groei.
Suid-Afrika dien saam met Egipte en Nigerië as die kontinent se verteenwoordigers op die raad.






Comments