Daar is verwarring oor 'n Misdaadintelligensie-beampte se lasbrief
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 20
- 1 min read
Daar is verwarring oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van 'n senior Misdaadintelligensie-beampte.
eNCA berig kolonel Ismail Dawood het hom vandag by die Hillbrow-polisiestasie aangemeld om hom aan die polisie oor te gee, maar is aangesê om, weens onsekerheid oor die lasbrief, Dinsdag terug te keer.
Sy regsverteenwoordigers sê die saak hou verband met beweerde afpersing, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie oor 'n beweerde skuldgeskil van R3,5 miljoen, en nie met bewerings wat voor die Madlanga-kommissie gemaak is nie.
Dawood ontken al die aanklagte en sê hy was verras oor sy dreigende inhegtenisneming omdat die saak niks met sy werk by die polisie te doen het nie.








Comments