Daar is vrese vir ’n tweede vloedgolf in Nepal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Te midde van vrese vir ’n tweede vloedgolf, soek reddingswerkers na oorlewendes ná kitsvloede in die Himalaja-grensgebied in Nepal.
Die dodetal het tot minstens 469 gestyg, terwyl honderde mense steeds vermis word. Die aantal Suid-Afrikaners wat in Nepal vermis word, het intussen tot ses gestyg.
Plaaslike amptenare sê ’n ineengestorte gletser het die vloedgolf veroorsaak, wat huise, paaie en ’n belangrike Nepal-Tibet-grensoorgang vernietig het.
Drie mense is ook in Tibet oorlede en meer as 550 word vermis, hoewel dit onduidelik is of dié syfers met die Nepal-syfers oorvleuel.
Gift of the Givers sê intussen hulle is gereed om stedelike soek-en-reddingspesialiste na Nepal te ontplooi.








Comments