top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar mag dalk nog ‘n sneeu-naweek vir ons voorlê

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 25, 2024
1 min read

Nog sneeu kan die naweek voorkom en dit mag dalk nie die laaste sneeu vir die jaar wees nie. Landbou.com berig dat hoewel sneeu minder gereeld in September voorkom, is daar wel ‘n kans dat sneeu weer die naweek oor die berge van die Wes-Kaap, maar veral die Oos-Kaap en die suidelike en oostelike Drakensberge kan voorkom. Dit is ook nie onmoontlilk dat dit kan uitbrei na die Drakensberge op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal nie, hoewel voorspellings dit tans nog nie aandui nie. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, voeg by dis baie belangrik om korttermynvoorspellings vir die nuutste ontwikkelings top te hou. Daar is ook ‘n groot moontlikheid dat verdere sneeu en koue toestande oor die oorstelike dele van die land tot in November vanjaar kan voorkom volgens Van den Berg.

 
 
 

Comments


bottom of page