top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar sal geen verlenging wees vir die registrasie van voedselondernemings nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 3, 2025
  • 1 min read

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die regering sal nie die registrasiesperdatum vir eienaars van voedselondernemings verleng nie. Volgens Hlabis het eienaars van spazawinkels en koswinkels genoeg tyd gehad om hul besighede voor verlede week Vrydag te registreer. Hy sê diegene wat versuim het om te registreer, moet hul ondernemings sluit. Die departement sal na verwagting Maandag en Dinsdag verifikasiekontroles doen om nakoming en veiligheid te verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page