top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Daar wag dalk ‘n groot skok vir motoriste

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 6
  • 1 min read

Indien huidige marktoestande voortduur kan motoriste in April skerp branstofprysstyings in die gesig staar.


Data van die Sentrale Energiefonds toon ’n groot onderverhaling in brandstofpryse, met petrol sowat R2.40 per liter onder die vereiste vlak, en diesel ongeveer R4.50 per liter.


Die styging in internasionale oliepryse en ’n swakker rand het tot die verswakking bygedra.

Oliepryse het van ongeveer 60-dollar per vat vroeër vanjaar tot sowat 85-dollar gestyg weens die konflik in die Midde-Ooste.


’n Brandstofbelastingverhoging van 21 sent per liter tree ook op 1 April in werking.


Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech
Ter illustrasie. FOTO: BusinessTech

 
 
 

Comments


bottom of page